Lambertsbaai IBF van die inwoners vir die inwoners!
Die LIBF is 'n nie-politiese, nie-rassige, nie-seksistiese gemeenskaps organisasie van die inwoners vir die inwoners.
Ons taak is om al die inwoners sonder onderskeiding tussen geslagte, rasse, kleur, kerkverband of wat ook al, se saak op alle owerheidsvlakke te stel en te verseker dat daardie griewe of aspekte van dorpsbestuur wat die inwoners van Lambertsbaai nie tot voordeel strek nie, die aandag kry wat dit verdien en probleme tot die inwoners se tevredenheid reggestel word. |
Sluit by ons aan
As u 'n inwoner van Lambertsbaai is, moet u net by ons aansluit. Die minimum lidmaatskapfooi is R15.00 per lid per jaar. Ons moet 'n affilliasiefooi van R10-00 per lid per jaar aan die Cederberg Inwoners Vereniging betaal. Stuur vir ons 'n e-pos deur die skakel hierbo te selekteer of deur die Kontak Ons bladsy hierbo te selekteer. Maak dan 'n deposito van minimum R15-00 by Standard Bank, Lambertsbaai, rekeningnommer 086 207 695 met u voorletters en van as verwysing.
Ons het u steun nodig om die Forum suksesvol te bedryf. Sonder u steun en lidmaatskap kan ons nie daarop roem dat ons die inwoners van Lambertsbaai verteenwoordig nie. Ons moet 'n ledelys aan die owerhede kan voorsien.
Bo en behalwe die dekking van die affiliasiefooi, word lidmaatskapfooie aangewend om administratiewe kostes soos bv telefoon uitgawes, skryfbehoeftes, drukkers kostes, posgeld ens te dek, om bestuurslede by te staan met brandstofkostes vir bywoning van vergaderings, om kostes te dek met reël van algemene en bestuursvergaderings ensovoorts. Ons het u geldelike ondersteuning ook net so nodig as wat ons u lidmatskap nodig het. Dit is egter so dat ons inwoners se inkomstes tussen die minimum en die oorvloedige wissel. Daarom die baie lae minimum ledefooi van R15-00 met 'n beroep aan daardie lede wat dit kan bekostig om te poog om R50-00 of meer tot lidmaatskapfooie by te dra. Enige bydrae tot lidmaatskapfooie word egter verwelkom.
Posbus 245, Lambertsbaai | 082 260 4586 |