Hoera vir Afriforum en die Valke. Kyk bietjie na die berig in Die Burger van 13 April op bladsy 4 en op hierdie bladsy aangehaal. Die Valke het op Afriforum Cederberg-tak se Colin Erasmus gereageer. Ons besluit om 'n Afriforum tak vir die Cederberg gebied te stig was die regte besluit. Ook die lang wag om te sien wat gaan gebeur het nou vrugte afgewerp. Dankie Colin Erasmus, Louis Röntgen, Afriforum en die Valke.
Begin van Berig in Die Burger: *****************************************************************************************************************************************
Die Burger 13 April 2013 Bladsy 4
Valke slaan toe op munisipale kantoor op Clanwilliam
Jan Gerber
KAAPSTAD. - Die Valke het gister op die munisipale kantoor op Clanwilliam toegeslaan oor beweerde finansiële wanbestuur en verkwisting.
Daar is glo op skootrekenaars en ander administratiewe rekords beslag gelê en verklarings van amptenare geneem. AfriForum het die optrede verwelkom.
'n Senior lid van die Valke, brig. Niel Oliver, lei glo die ondersoek.
Dit volg op 'n klag wat Colin Erasmus van AfriForum se Cederberg-tak verlede jaar teen die burgemeester, Jonas White, ingedien het oor beweerde finansiële wanbestuur en verkwisting van belastingbetalersgeld.
"Ons is beïndruk deur hoe die ondersoek vorder nadat brig. Oliver oorgeneem het," het Pieter Rautenbach, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, gesê,
Louis Röntgen, voorsitter van AfriForum se Cederberg-tak, het hom op gemeenskappe beroep om genadeloos op te tree teen die wangebruik of diefstalvan belastingbetalersgeld.
White was gisteroggend glo by 'n ANC-tugverhoor op Malmesbury omdat hy na bewering SMS'e met foto's van sy geslagsdeel en suggestiewe boodskappe aan Cederberg se onderburgemeester, Lorna Scheepers, gestuur het. Hy het vroeër die bewerings ontken.
Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-voorsitter,
het verlede maand te kenne gegee hy is
bekommerd oor die chaos in die Cederberg-munisipaliteit, onder meer oor
bewerings van onregmatige verkryging van kospakkies en politieke inmenging by die
administrasie. Volgens hom is die Valke, openbare beskermer en ouditeur-generaal
besig met 'n ondersoek in die verband.
Einde van berig: *******************************************************************************************************************************************************
Let op dat selfs Marius Fransman, die
Wes-Kaapse ANC voorsitter in die openbaar erken het dat daar "chaos in
die Cederberg-munisipaliteit bestaan".
Wonder wat nou volg. Maar wat ook al gebeur, die LIBF sal die Inwoners van Lambertsbaai op hoogte hou