AFRIFORUM PERSVERKLARING

Hallo almal,

Hieronder 'n persverklaring deur Afriforum Cederberg uitgereik.

Kontak my by jmellet@vodamail.co.za as jy lid van Afriforum Cederberg wil word.

Groete,

Jack Mellet

 

AfriForum
Cederberg

Mediaverklaring

21 Augustus 2013

AfriForum sal korrupsie, bedrog en wanbestuur in Cederberg die hoof bied

Na ’n baie suksesvolle eerste jaar van aksie in belang van burgerregte het AfriForum se tak in Cederberg sy eerste jaarvergadering op Dinsdag, 13 Augustus te Clanwilliam gehou.

Die gasspreker, Pieter Rautenbach, hoof van plaaslikeregeringsake van AfriForum se hoofkantoor, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om voort te gaan om ontslae te raak van amptenare en raadslede wat by ongerymdhede betrokke is. AfriForum-hoofkantoor sal alle steun moontlik in dié verband aan die tak gee.

Die uittredende voorsitter, Louis Röntgen, het gesê dat die lewering van munisipale dienste eers werklik aangepak kan word wanneer korrupte amptenare en raadslede uit hulle poste gelig is. “Ons is baie dankbaar vir die SAPD se teenkorrupsie-eenheid, die Valke wat ondanks pogings om hulle te verhoed om met ondersoeke voort te gaan, vasbeslote is om spoedig meer arrestasies te maak,” het Röntgen gesê. 

Die bestuur is eenparig herkies  en sal in die onderskeie portefeuljes aangewys word by die eerste bestuursvergadering.

Ná die stigting van ’n AfriForum-tak op Cederberg het dit gou duidelik geword dat korrupte amptenare verwyder sal moet word. AfriForum se ingryping het sedertdien uitgeloop op ’n intensiewe ondersoek deur die Valke en arrestasies kan binnekort verwag word. 

Lede van die publiek wat belangstel om lede van AfriForum te word kan “Cederberg” SMS na 31336. 50c/SMS. 
 
Louis Röntgen
Voorsitter: Cederberg
AfriForum
Sel: 083 776 6363 
E-pos: louis@aptekor.co.za 

Kyk ook na die Afriforum Webwerf by www.afriforum.co.za

 

AfriForum

 

Media statement

10 June 2013

Chairs of AfriForum branches in Western Cape meet with Western Cape MPs 

The civil rights organisation AfriForum met with members of the Western Cape Parliament on Wednesday, 5 June regarding challenges facing several towns.

Theuns Botha, Provincial Minister of Health, Anton Bredell, Minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning, Alan Winde, Minister of Finance, Economic Development and Tourism, and Bokkie Geyer, Member of the Provincial Government represented the Government. 

Pieter Rautenbach, Head of Local Government Affairs at AfriForum, lead the delegation from the organisation. Professor Hendrik Gous from Mossel Bay, Messrs George Kersop from Oudtshoorn, Louis Röntgen from Cederberg, Theuns Coetzee from Langeberg, Otto le Grange from Kannaland and Wilfred Stephan from Matzikama represented the AfriForum branches.

Individual issues regarding the various towns as well as matters of common interest were discussed. These included:

 

          ·        Possibility of an Ombudsman for local government affairs

          ·        Effective exposure and handling of corruption and fraud

          ·        Making available the report by the Special Investigative Unit regarding corruption and fraud in various towns in the Western Cape

          ·        Involvement of members of SAPS in criminal activities

          ·        Establishing a uniform policy on tax on guest houses

"The meeting was held in a very good spirit and we have received positive feedback on virtually all our requests.  The manner in which we were received indicates that the Western Cape, which is already a stand-out in respect of service delivery, will be able to perform even better," said Rautenbach. 

·        See photograph attached.

Pieter Rautenbach

Head: Local Government Affairs

AfriForum

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola